Observer Daller

Kop-aan-kop botsing eis lewe

’n Kop-aan-kop botsing buite Groblersdal het ’n vrou se lewe geëis.

’n Gru-ongeluk, waar twee voertuie kop-aan-kop gebots het, het omstreeks 13:30 net buite Groblersdal op die R33, naby die vullisterrein, plaasgevind.

Drie persone is beseer en ’n vrou het haar lewe tydens die ongeluk verloor.

Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, het hul die oproep ontvang en dadelik na die toneel gehaas. Ander nooddienste is dadelik ontbied, deur middel van die Emergency Response WhatsApp-groep wat gestig is vir verskeie nooddienste in die omgewing en binne minute was alle rolspelers op die toneel.
“Hierdie groep werk baie goed in ons dorp en die gemeenskap kan gerus voel dat hierdie groep baie doeltreffend werk en daar vinnige reaksie is in noodgevalle,” sê Derrick.

Volgens hom het ooggetuies op toneel verduidelik dat ’n voertuig voor die rooi Mazda doodgestop het in die pad, waarna die rooi Mazda in die rigting van aankomende verkeer geswaai het om die ongeluk te vermy ,maar ongelukkig kop-aan-kop gebots het met ’n grys Toyota.

Beide voertuie het twee insittendes gehad.

Die kop-aan-kop botsing het omstreeks 13:30 plaasgevind. Foto: Verskaf.

Die insittendes van die grys Toyota het geringe beserings opgedoen en is die bestuurder van dié voertuig na Life Midmed Hospitaal geneem in Middelburg, terwyl die passasier na Groblersdal Hospitaal geneem is.

In die rooi Mazda het die bestuurder ernstige beserings opgedoen en is na Groblersdal Hospitaal vervoer.
Die passasier, ’n vrou, is ongelukkig op toneel dood.

Een baan van die pad is toegemaak terwyl nooddienste die toneel opgeruim het.
“Die baan was vir ongeveer ’n halfuur toe vir verkeer en was die toneel baie vinnig opgeruim,” vertel Derrick.

24 Seven Logistics het beide voertuie van die toneel verwyder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button