Observer Daller

Almal wonder oor ‘geweerskote’

Wie het geskiet? Of was dit dalk ’n OTM wat opgeblaas is?

Harde klapgeluide wat soos geweerskote geklink het, het WhatsApp-groepe Sondagaand laat gons.

Inwoners van Groblersdal het gesê dat die geluide soos geweerskote geklink het, terwyl ander gesê het dit het eerder soos bomvuurwerke geklink.

Ander, wat nader aan die klank was, het gesê dit het geklink ‘soos ’n OTM-masjien wat gebom word.’

Dié boodskappe het sedert 19:38 begin instroom.

Daar is vinnig vasgestel dat die harde geluide wat gehoor is, ’n vragmotor was, wat se bande gebars het as gevolg van te veel hitte op sy remdromme. Drie bande het as gevolg daarvan gebars en die remdromme het aan die brand geslaan.
Die voorval het naby die kruising by Sasko in Wesstraat plaasgevind.

Noodpersoneel, bestaande uit 24 Seven Logistics, Gunmar, Brandweer, Loskop Alarms en Supreme Auto Body Towing was vinnig op die toneel.
Die pad is afgesper terwyl brandweer die vragmotor geblus het.

Niemand is in die voorval beseer nie en die vragmotor is van die toneel verwyder.

• Omstreeks 21:03 was die toneel opgeruim en die pad weer oop vir verkeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button