Observer Daller
Wees versigtig: Slaggate!
Motoriste word gemaan om versigtig te wees by die ingang na Marble Hall vanaf die N11, waar dit aansluit by die R573, weens verskeie slaggate op die pad.
Mnr. Flip Jacobs, wykraadslid, sê dat alhoewel daar reeds oral slaggate op die pad is, daar stééds nuwe gate vorm, veral wanneer dit reën.
Dit is veral gevaarlik vir motoriste op dié pad wanneer ander voertuie vir hierdie slaggate uitswaai, en dan in aankomende verkeer inry.

Hy sê dat die slaggate verskeie kere gerapporteer is aan die kontrakteurs wat tans die opknappingswerk by die ingang van die N11 na die R573 hanteer, maar geen terugvoer ontvang het nie.
• Die Daller het navraag gerig by die nasionale padagentskap, maar nie terugvoer ontvang voor die plaas van hierdie artikel nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
