Observer Daller

Bulletjies en netbaldogters skitter op sportveld

Jong sportsterre van Julian Muller het hulle skool met trots verteenwoordig.

Die o. 7-bulletjies en mininetbaldogters van Laerskool Julian Muller het met groot entoesiasme aan die Pietersburg-Oos Bulletjierugby- en Mininetbaldag deelgeneem.

Die jong spelers het waardevolle wedstrydervaring teen sterk teenstanders opgedoen en terselfdertyd hul sportvernuf en spanwerk ten toon gestel. Die dag was gevul met opwinding, sportmangees en die ondersteuning van trotse toeskouers langs die veld.

Die spelers is geloof vir hulle deursettingsvermoë en positiewe ingesteldheid, wat ‘n belangrike rol speel in die ontwikkeling van jong sporttalent.

•Die volledige artikel kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.

Lees ook: LJM se jongklomp ruk en rol

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button