Observer Daller

LJM se jongklomp ruk en rol

Laerskool Julian Muller se jong spelers het waardevolle ervaring tydens ’n opwindende sportdag opgedoen.

Laerskool Julian Muller se spanne het Saterdag, 9 Mei, aan die Laerskool Eugene Marais Bulletjierugby- en Mininetbaldag deelgeneem.

Die spelers het die geleentheid geniet om hulle vaardighede op die sportveld te ontwikkel en terselfdertyd waardevolle wedstrydondervinding op te doen. Hulle het met groot entoesiasme en sportmangees aan die onderskeie wedstryde deelgeneem.

A group of young girls in green uniforms smiling and posing together for a photo.
Laerskool Julian Muller se o. 7-mininetbalspan saam met hul afrigters, Nadine Steyn, Jessica Hartzenberg en Christelle Kleinveld.

Ondersteuners en ouers het die dag langs die baan en veld deurgebring om die jong sportsterre aan te moedig, terwyl die spelers hul beste gelewer het in die vriendskaplike, maar mededingende wedstryde.

Laerskool Julian Muller het hulle dank uitgespreek teenoor die organiseerders, asook die afrigters, ouers en ondersteuners wat die spelers deurentyd gemotiveer het.

Lees ook: Laerskool Julian Muller: Impressive speeches take centre stage

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button