Groot rugby-aksie op Daller-tuisveld
Hoërskool Ben Viljoen het ondersteuners op ’n dag vol opwindende rugby-aksie en sterk vertonings teen Ellisras getrakteer.
Hoërskool Ben Viljoen se rugbyspelers het op Saterdag, 30 Mei, weer hul staal gewys toe hulle Hoërskool Ellisras op tuisbodem ontvang het vir ’n dag vol opwindende rugby-aksie.
Van die junior spanne tot die senior spelers het die Dallers deurgaans veggees, spanwerk en trots getoon. Daar was vinnige spel, klipharde verdediging en onvergeetlike oomblikke langs die veld.

Die rugbydag het opnuut gewys waarom Ben Viljoen se rugbyprogram steeds een van die sterkstes in die streek bly, met spelers wat hul skool se kleure met onderskeiding verteenwoordig het.
•Kry die volledige wedstryduitslae en meer oor die dag se rugbyhoogtepunte in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.













