Observer Daller

Wanneer uile ook wil somme maak

Drie nonnetjiesuile het Hoërskool Ben Viljoen se wiskundeklas verras en al die aandag gesteel.

Daar was gisteroggend heelwat meer as net somme, formules en vergelykings op die rooster by Hoërskool Ben Viljoen toe drie onverwagse besoekers besluit het om ’n wiskundeklas tydens die eksamenseisoen by te woon.

Drie nuuskierige nonnetjiesuile het hulself in een van die Dallers se wiskundeklaskamers tuisgemaak en vir ’n oomblik die aandag heeltemal van getalle en berekeninge afgetrek.

Terwyl leerlinge aanvanklik gefokus was op die uitdagings van wiskundevraestelle, het die geveerde gaste vinnig die middelpunt van belangstelling geword. Met hulle groot, helder oë en statige houding het die uile die klas dopgehou asof hulle self besig was om komplekse wiskundeprobleme op te los.

Die ongewone klasbesoek het leerlinge en onderwysers laat glimlag en bewys dat daar selfs in die spanningsvolle eksamentyd plek is vir die wonders van die natuur.

Wie weet? Miskien was die drie op soek na die antwoord op die wêreld se moeilikste wiskundeprobleem, of dalk wou hulle net seker maak dat die Dallers se syfers so skerp soos hulle eie nagvisie is!

Lees ook: Loskopvallei-geskiedenis: Klein besproeiingskemas het weg vir Loskopdam gebaan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button