Marble Hall-rugby skitter in liga
Drie rugbyspanne van Laerskool Marble Hall het deurgedring na die Limpopo-kampioenskap nadat hulle die Waterberg-liga oorheers het.
Drie rugbyspanne van Laerskool Marble Hall het hul staal gewys tydens die Waterberg-liga en met puik vertonings deurgedring na die Limpopo-kampioenskap.
Die skool se o. 9-span het met trots die titel van Waterberg-ligawenners verower, terwyl die o. 10-span en die tweede span hul seisoen op ’n hoë noot afgesluit het as naaswenners van die liga.

Hierdie prestasies is ’n bewys van die spelers se toewyding, harde werk en deursettingsvermoë deur die seisoen. Die afrigters en ondersteuners kan met reg trots wees op die manier waarop die jong rugbyspelers hul skool op die veld verteenwoordig het.
Die drie spanne sal Woensdag, 17 Junie, aan die finale rondtes van die Limpopo-kampioenskap in Polokwane deelgeneem. Die spanne het hul plek onder die provinsie se beste skole verdien en het die geleentheid gekry om hul talent op ’n groter verhoog te wys.

Laerskool Marble Hall het hul spelers geluk gewens met die besondere prestasies en bedank almal wat ’n rol gespeel het in die spanne se sukses.
