Sport

Twee Springbokke het vir Middelburg uitgedraf

Willem Strauss laat klubrugby op platteland herleef

Klubrugby was groot.
So groot dat Middelburg ses spanne in die liga ingeskryf het.
Behalwe vir Middelburg was daar ook die Oorbietjie span wat eintlik maar ’n vierde, vyfde en sesde span was.
Suidoos-Transvaal se provinsiale span het net uit klubspelers bestaan.
En die meeste van daardie spelers het boonop by Middelburg Steel and Alloys (Columbus) gewerk.
Daar was Kallie Grobler, Eric Heyns, Frank Sullivan, Steve Meyer, Dirk Pretorius, Abrie van Wyk en Gideon Bean.

Spanne sou opdraende gee

Middelburg het ’n span gehad wat die meeste van die kleiner hedendaagse provinsiale spanne sou opdraende gee.
Springbokke, Johan Spies en Polla Fourie, het vir Middelburg gespeel. Harry Muller sou ’n Springbok geword het as hy na Transvaal geskuif het.
Dirk Pretorius en Kallie Grobler is albei ook op provinsiale gebied aangewys as voorste driedrukker in Suid-Afrika. Onthou hullle het meegeding teen spelers van Transvaal, Noord-Transvaal, Vrystaat en die Westelike Provinsie.

Dorpspan

Die dorpspan wat hier gekies word het net uit provinsiale spelers bestaan.
Die plaasvervangers is om aan te dui hoeveel ander talent nie in die uitsoek vyftiental is nie.
Rugbyliefhebbers sal dalk ander gunstelinge kies.
Middelburg: Harry Muller, Dirk Pretorius, Chris Botha, Steve Meyer, Kallie Grobler, Hendrik Koekemoer, Koos Coetzee, Hendry van Tonder (k), Piet Cloete, Polla Fourie, Johan Spies, Ben Badenhorst, Jan Loubser, Abrie van Wyk, Theuns Rossouw. Plaasvervangers: Piet Lodder, Jerry van Rooyen, Piet Craven, Paul Burcell, Koot Coetzee, Gideon Bean, Fav van Rooyen, Tommy Symons, George Minnaar, Eric Heyns, Frank Sullivan. Afrigter; Pikkie Coetzee. Spanbestuurder: Renier van Rensburg.

Klubrugby was groot

Daar is foto’s in die Middelburg Observer gepubliseer waar die hoof- en ooppawiljoen volgepak is wanneer Middelburg en Witbank teen mekaar gespeel het.
Ja-nee klubrugby was groot op die dorp.
Dit was ook die hart van die gemeenskap met burgemeesters Pikkie Coetzee en Piet Bezuidenhout wat op die komitee gedien het.
Later het sakeman Gerrie Gerrits ’n groot rol gespeel om Middelburg ’n krag te maak.
Dit is ook die oudste rugbyklub in die provinsie.

Klubrugby herlewing

Verlede jaar het Middelburg die vernederende beleef om met ’n rekordtelling teen Groblersdal (Loskop) te verloor.
Gelukkig is daar daanksy die Bulle president, Willem Strauss, ’n klubrugby herlewing in die noordelike provinsies.
Klubs soos Bronkhorstspruit, Potgietersrus, Letaba, Nylstroom, Harties, Witrivier, Nelspruit en Louis Trichardt bult weer spiere.
Strauss is ’n rugbyman in murg en been wat verstaan dat jy nie net ’n professionele span kan hê nie.
Hy verstaan dat die hartklop van rugby eintlik op ’n dorp(ie) is.
Daar waar die mammies teen die mure sit.
Daar waar dorpshelde gebore word.

Sibanye Stillwater liga

Die nuwe Sibanye Stillwater liga waar van die kleiner klubs speel is reeds ’n reuse sukses.
Dit moet Middelburg se doel wees om in die toekoms ook in die liga te speel.
Vir nou is dit ’n stryd op oorlewing vir Henk Wessels en sy span.
Maar daar is ’n droom, ’n droom om die bulspannne van ouds na te doen.

Die naweek se uitslae is:

Skild:
Mogol 31 – Oryyx 0.
Kwagga 17 – Harties 13.
Potgietersrus 40 – Noordelikes Pretoria 12.
Letaba 29 – Knights 22.
Siyanda 38 – Pretoria 33.
Loskop 40 – Atteridgeville 10.
Nylstroom 0 – Dipoo 0.
Bronkhorstspruit 12 – Noordelikes Limpopo 10.
Superliga:
Naka Bulle 99 – Springs 15.
Warriors 22 – Centurion 10.
Wanderers 36 – Witrivier 20.
Grizzlies 68 -Nigel 17.
Brakpan 31 – Nelspruit 25.
Wolves 75 – Secunda 10.
Vereeniging 26 – TUT 3.
Rhinos 38 – Harlequins 26.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button