Ben Jansen van Vuuren en sy pa Gerhard tydens ’n vorige wedstryd. Pa Gerhard was Maandag weer in Pretoria om te sien hoe help sy seun om die Maroen Masjien te stuit. FOTO: Verskaf.
Ben Jansen van Vuuren het laat in die wedstryd ’n drie gedruk wat Tukkies gisteraand gehelp het om sy ou aartsvyand, Maties, met 33-17 te klop. Die Pretoriase studente was rustyd nog 17-5 agter.
’n Volgepakte LC de Villiers Stadion het rugby uit die boonste rugby gesien, met die oud Hoërskool Middelburg losvoorspeler een van die uitblinkers.
HTS Middelburg se Christiaan Vlok was op senter.
Onoorwonne
Tuks is nou die enigste onoorwonne span in die Varsitybeker.
UJ het verras deur die Pukke, of NWU Arende, met 35-29 te klop.
Shimlas was in Bloemfontein net te sterk vir sy buurman, CUT, en het met 71-19 gewen.
Emeries sukkel steeds in die hoër liga en het met 10-32 teen Ikeys vasgeval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.