Opwindende wintersportbegin vir Hoërskool Ben Viljoen
Hoërskool Ben Viljoen het sy wintersportseisoen sterk afgeskop tydens die eerste rondte van die NWU Skolesportreeks teen Pretoria-Noord.
Hoërskool Ben Viljoen het Saterdag, 7 Maart, sy wintersportseisoen sterk afgeskop toe die eerste wedstryde van die NWU Skolesportreeks op tuisveld teen Hoërskool Pretoria-Noord gespeel is.
Die dag het opwindende aksie in rugby, netbal en hokkie gebied, met verskeie spanne wat sterk vertonings gelewer het.
Vanjaar bied die skool nóg meer geleenthede vir spelers om hul talente te wys, aangesien Hoërskool Ben Viljoen nou ook met B-rugbyspanne sowel as ’n derde rugbyspan spog. Dit gee aan meer leerders die kans om kompeterende wedstrydervaring op te doen en deel te wees van die skool se wintersportprogram.
Die eerste rondte van die reeks dui daarop dat Ben Viljoen se wintersportspanne gereed is vir die uitdagings van die seisoen.
- Lees die volledige wedstryduitslae en artikel in hierdie week se Observer Daller.









