Observer DallerSport
Loskopdam gons tydens jaarlikse Kurper & Bass Bonanza
Die Loskop Kurper & Bass Bonanza, wat jaarliks by Loskopdam plaasvind, bly een van die grootste varswaterhengelkompetisies in die land.
Die gewilde Loskop Kurper & Bass Bonanza het Saterdag weer groot belangstelling gelok toe honderde hengelaars by Forever Resorts Loskopdam byeengekom het vir die 26ste aanbieding van dié bekende varswaterhengelkompetisie.
Meer as 300 bote het die dam ingevaar, terwyl altesaam 1 100 inskrywings vir die boot- en oewerhengelkompetisie ontvang is. Die geleentheid het weer bewys waarom dit as een van die grootste en gewildste varswaterhengelkompetisies in die land beskou word.
Die dag het ’n lewendige atmosfeer by die dam geskep met hengelaars van verskillende dele van die land wat hul geluk kom beproef het.
- Lesers kan die volledige uitslae van die kompetisie in hierdie week se Observer Daller lees.
- Die volgende Loskop Kurper & Bass Bonanza word reeds vir 6 Maart 2027 beplan.









Lees ook: Observer Daller se kantoor sluit: Koerant bly sterk voortbestaan
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
