Sport

Bloem donderstorm knou Pumas

Dit is Sondag die stryd om die eerste plek in Kimberley

As dit nie vir ’n Vrystaatse donderstorm was nie, was die Pumas dalk bo op die SA Beker punteleer.

Daardie afgelasde wedstryd, terwyl die Pumas voor was en boonop op die aanval, het gemaak dat Griekwas met drie punte die voorste span is.

Maar as is verbrande hout en nou kan Sondag se kragmeting tussen die beste spanne wys wie is eintlik baas.

Die twee is in Kimberley slaags.

Daar moet nog baie water in die see loop en die Vrystaat Cheetahs lyk al meer na ’n span wat die kaarte deurmekaar kan krap.

Jimmy Stonehouse van die Airlink Pumas. Foto: Verskaf

Indien alles volgens plan verloop kan die huidige en oud kampioene mekaar dalk weer in ’n eindstryd pak.

Vra enige span, daar waar die Groot Gat is, is geen maklike plek om te wen nie. Selfs die Westelike Provinsie en Blou Bulle het al geknor op die harde veld.

Daarom sal Jimmy Stonehouse, Sondag wil seker maak hulle is bo aan die punteleer wanneer daar uitgespook moet word vir die beker.

Pumas: 

  • Jaycee Nel,
  • Lundi Msenge,
  • Sango Xamalashe (Onder kaptein),
  • Clinton Swart,
  • Valentino Wellman,
  • Nevaldo Fleurs,
  • Thomas Bursey,
  • Willie Engelbrecht,
  • Ruwald van der Merwe,
  • Andre Fouché,
  • Tiaan de Klerk,
  • JJ Scheepers,
  • Sampie Swiegers (Kaptein),
  • Gustav du Rand,
  • Kudzwai Dube.

Plaasvervangers:

  • Jan-Hendrik Campher,
  • Etienne Janeke,
  • Junior Banda,
  • Miyelani Ngobeni,
  • De Wet Marais,
  • Conor van Eeden,
  • Wian van Niekerk,
  • Tino Swanepoel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button