Sport

Loskop Marathon – Van Zyl hou sterk tempo op taai Kranspoort pas

Irvette van Zyl verdedig tans die Loskop Marathon Vroue-afdeling wenner se titel en is op goeie koers.

Olimpiese atleet, Irvette van Zyl, en verdedigende kampioen van die 2025 Loskop Marathon se vroue-afdeling, is Saterdagoggend in sterk vorm op die roete.

Van Zyl is reeds op die Kranspoort-pas, ’n uitdagende deel van die wedloop waar baie atlete begin sukkel. Sy lyk egter ontspanne, en vol selfvertroue.

Met ’n goeie pas, pak sy die kronkelpad aan wat uiteindelik afdraai na die eindpunt van marathon. As sy hierdie ritme behou, is sy beslis weer ’n ernstige aanspraakmaker op die titel.

Die wedloop is nog nie verby nie, maar Van Zyl wys duidelik, sy het nie gekom om tweede te wees nie.

Foto’s: Gerhard Rheeder / Tobie van den Berg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button