Sport

Op 78 swoeg en sweet Johannes Varaday se bult uit

Wie onthou nog die jagluiperds en Des met sy fotoboekies?

Wanneer jy 78 jaar oud is het jy baie tyd.

Al het die tande van die tyd jou ingehaal, stop dit jou nie om die Loskop 10km aan te durf nie.

Johannes Roux is lid van Coaldust Road Runners, een van die oudste marathonklubs in Mpumalanga.

Toe die mans 50km wenners verby hom snel, het Johannes eers omgedraai in die 10km wedloop. Met ander woorde, die voorste drawwers het byna 50km voltooi, voordat hy vyf kilometer klaargemaak het,

Op so hoë ouderdom speel swaartekrag ook ’n al groter rol en die Coalduster het krom, oë op die teerpad, voortgebeur.

Dit was ’n reuse prestasie vir Charles Jiyane om sy sesde Loskop 50km ultra wedloop te wen. Maar om op 79 die uitdagenede Varady’s Hill uit te kom is dalk ’n groter prestasie.

En al is jy heel laaste, is dit net so groot prestasie om vas te byt, terwyl die ander deelnemers al hulle tweede germaanse bruisdrankie weggeslaan het.

Vandag weet min mense Varadys’s Hill is vernoem na Des Varaday wat ’n jagluiperd toevlugsoord bedryf het onder aan die bult.

Hy was ook bekend as held en skurk in fotoreeksboekies in die sewentiger jare.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button