Rooi Bulle deur beserings geteister
Jano moet al by derde span gaan spelers kry om span vol te maak

HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg het albei die naweek wegwedstryde.
Die Rooi Bulle speel weg teen Transvalia en Middies reis na Boksburg om Dr EG Jansen te pak.
Na sy loslootjie verlede naweek sal die Middies span sy roes wil afskud en weer op die wenpad kom.
Dit is egter daardie tyd van die jaar waar provinsiale verpligtinge en skoolverpligtinge bots.
Middies is met beserings getref, nadat sy spelers vir die Pumas teen die Leeus uitgedraf het.

Na sy groot oorwinning oor die Valke het die Pumas se Cravenweek span hard terug aarde toe gekom, teen die Leeus en met 52-21 verloor.
Een van hoofafrigter Christiaan Gouws se praatjies sal seker wees “dissipline, “dissipline”, “dissipline”.
Die Boksburgers weet hoe om in ’n ander span se kop te klim met geniepsige spel.
Mens moet simpatie hê met die Rooi Bulle afrigter, Jano Venter.
Die beserings maai onder die span met 12 spelers op die krukkelys.
Derde span spelers is opgetrek om Transvalia op Vanderbijlpark te pak.
Hoërskool Middelburg:
Jayden Abbey, Kgontse Masilela, Katlego Maloyi, Blake Faber, Kgotso Peta, Buhle Mphalaza, Enio Manhiza, Siyabonga Mokgoatjana, Aiden Nel, Khensani Buthelezi, Johan Raulstone, Dewald du Toit, Ryan Blake, Melcior van Niekerk.
HTS Middelburg:
Vusi Sibiya,Fourie Joubert, Adrian Humphries, Wynand Cronje, Liam Jacobs, Cornelius Erasmus, Ruan Pienaar, Regard Blake, Andrea de Wet, Jayden Olds, Ruben Kruger, Tiaan Grobler, Uzile Mathelela, Rudi Mulder, Argu Leon Kruger. Plaasvervangers: Waldro Lourens, Carlo Joubert, Edward Albert Chessman Elmes, Jade Stimie, Dawie Aucamp, Marinus Enslin, Owen Mngomezulu, Ruwan Graaff.