KYK: Raasbaard begelei Wolfman na die kryt
Middelburgse bokser Pieter “Wolfman” de Klerk het ondanks ’n nederlaag met sy keuse van Raasbaard se “God’s Warrior” die aand gesteel.
Die mees ikoniese musiek waarmee boksers na die kryt begelei word, is sonder twyfel “Eye of the Tiger” van die groep Survivor.
Wanneer jy hoor:
Risin’ up, back on the street
Did my time, took my chances
Went the distance now I’m back on my feet
Just a man and his will to survive
So many times it happens too fast
You trade your passion for glory
Don’t lose your grip on the dreams of the past
You must fight just to keep them alive
It’s the eye of the tiger
It’s the thrill of the fight…
…sien jy Rocky dansend op pad na die kryt – of dalk Manny Pacquiao.
Maar dit was nie “Eye of the Tiger” wat boksliefhebbers by die professionele bokstoernooi by Event City aan die gons gehad het nie. Dit was die musiek van die Afrikaanse sanger Raasbaard.
Die Middelburgse bokser Pieter de Klerk, wat onder die naam Wolfman die kryt betree, is saam met sy afrigter, Abraham Lubisi, met Raasbaard se musiek verwelkom.
Die liedjie wat De Klerk vir sy groot oomblik gekies het, was “God’s Warrior”.
I won’t fall
I stand tall
Ek het geval maar weer opgestaan.
I’m chosen for this fight
I don’t fight for fame.
I fight to make it right.
This is my moment.
Vader gee my krag vir die stryd…
De Klerk is wel deur Khayethu Gabuza platgeslaan, maar die Wolf het opgestaan en voortgeveg.
Hy het groot durf aan die dag gelê, maar moes uiteindelik met punte verloor.
Die Wolf het dalk nie gebyt nie, maar een ding is seker: daar word steeds oor “God’s Warrior” gegons.
