EntertainmentLifestyle
Alle paaie (en brûe) na ALZU
Saterdag spring die Rhino Run by ALZU Petroport op die N4 weg. En dié renosterlopie beloof nie net fiksheidspret op die grondpaaie nie, maar ook oor waterhindernisse.
Daar is die afgelope ruk hard gewerskaf om ‘n hele paar brûe en ander hindernisse vir bergfietsryers op die spyskaart te stel. Goeie nuus is dat die roetes vir drawwers óók oor die brûe gaan.
Dit beloof om vir ‘n splinternuwe avontuur te sorg!
• Datum: 6 September
• Plek: ALZU Petroport op die N4
• Drafafstande sluit 21 kilometer (R60); 10 kilometer (R40) en 4.9 kilometer (R20) in. Wegspring is om 07:30.
• Die 20 kilometer-bergfietswedren spring om 11:00 weg.
• Verversinggewys is daar ‘n biertent, terwyl Spur en Nando’s die hongerpyne sal wegdryf.
• Vir meer inligting, bel 073 668 4436 of stuur ‘n e-pos aan admin@midmk.co.za.
• Geld word aan Hoërskool Middelburg se fonds vir minderbevoorregtes geskenk.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.