9 Rooi matrieks spog met 7 Onderskeidings elk!

Ten spyte van ‘n nuwe kurrikulum (CAPS) en talle onbekende faktore, het HTS Middelburg se Gr. 12-leerders van 2014 weereens uitstekende prestasies opgelewer!

Die skool se matrikulante het ‘n rits onderskeidings behaal wat op 309 staan (waarvan 73 bo 90% is!), met 290 B-simbole en 312 C-simbole. Die algehele gemiddeld van die 2014-groep kom op 64,17% te staan!

‘n Verdere bron van groot blydskap is die feit dat 45,57% (103 leerders) van die Rooies-matrikulante universiteitsvrystelling behaal het in vergelyking met die 29% (aldus die Onderwysminister se TV-vrystelling) landwyd!

Gallery en Video!

Individuele leerders wat met uitstaande prestasies kan spog sluit in:

• 7 onderskeidings: Monique Combrink – Afrikaans (86%), Engels (84%), Wiskunde
(89%), LO (95%), Rekeningkunde (96%), Fisiese Wetenskappe
(97%), Lewenswetenskappe (95%).

Benjamin de Wet – Afrikaans (83%), Engels (82%), Wiskunde
(86%), LO (92%), Inligtingstegnologie (90%), Fisiese Wetenskappe
(89%), Meganiese Tegnologie (89%).

Daniel Griesel – Afrikaans (81%), Engels (80%), Wiskunde
(89%), LO (90%), Ingenieursgrafika & -Ontwerp (87%), Fisiese Wetenskappe (84%), Meganiese Tegnologie (81%).

Ingrid Marais – Afrikaans (87%), Engels (82%), LO (95%), Rekeningkunde (82%), Fisiese Wetenskappe (82%), Geografie (89%), Rekenaartoepassingstegnologie (90%).

Coenraad Mouton – Afrikaans (83%), Engels (85%), Wiskunde
(92%), LO (91%), Inligtingstegnologie (97%), Fisiese Wetenskappe
(93%), Lewenswetenskappe (91%).

Dehan Opperman – Afrikaans (83%), Wiskunde (97%), LO (94%), Inligtingstegnologie (97%), Fisiese Wetenskappe (97%), Ingenieursgrafika & -Ontwerp (91%), Gevorderde Program Wiskunde (87%).

Anelia Swanepoel – Afrikaans (83%), Wiskunde (85%), LO (90%), Fisiese Wetenskappe (92%), Rekeningkunde (88%), Ingenieursgrafika & -Ontwerp (94%), Lewenswetenskappe (89%).

Mieke van Staden – Afrikaans (88%), Engels (84%), Wiskunde
(90%), LO (95%), Rekenaartoepassingstegnologie (94%), Fisiese
Wetenskappe (92%), Lewenswetenskappe (91%).

Magdaleen Wassenaar – Afrikaans (81%), Engels (80%), Wiskunde
(86%), LO (91%), Rekeningkunde (84%), Fisiese Wetenskappe
(83%), Lewenswetenskappe (85%).

• 6 onderskeidings: Nihan de Jager, Werner Fick, Anushca Hausler en Jannes van
Aswegen.

• 5 onderskeidings: Xander du Preez, Stephan Enslin, Chimoné Greeff, Janelke Jansen
van Rensburg en Sias Repsold..

9 Leerders het elk 4 onderskeidings behaal, 8 leerders het elk 3 en 29 leerders het 2 onderskeidings elk behaal.

HTS Middelburg wens graag elke matrikulant en ouer hartlik geluk en bedank hul vir hul aandeel in hierdie suksesverhaal.

Slegs die puik samewerking tussen personeel, leerders en ouers, toewyding en volgehoue harde werk maak hierdie prestasies moontlik.

Die Gr. 12-Rooies van 2014 word sukses, voorspoed en geluk toegewens vir die toekoms.

HTS Middelburg gee alle eer aan ons Hemelse Vader!

Gallery en Video!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button