Motorfietsryer sterf in ongeluk

'n Motorfietsryer is Donderdag omstreeks 07:20 dood in 'n ongeluk by die Hendrina afrit.

Mnr. Thom ‘O Riley (52) is op die toneel dood, nadat sy motorfiets getref is deur ‘n Mercedes van mnr. MJ Dolamo.

Na wat verneem word was mnr. O’Riley vanaf Hendrina oppad na Middelburg (waar hy werksaam is), toe die ongeluk plaasgevind het. Mnr. Dolamo het vanaf die N4 (eMalahleni se kant af) op die pad ingedraai, toe die motorfiets hom tref.

Mnr. Shaun Marsh het kort ná die ongeluk gebeur het, op Facebook gesê dat alles reg voor hom gebeur het.

“Ek het so geskrik, want ek sien die biker kom aan agter my en hy ry te naby aan my. Voor was trokke wat draai en ek sê nog vir myself, as ek stadiger gaan ry gaan hy in my vasry.

Hy overtake my toe en vir ‘n oomblik dink ek, okay, hy is darem verby, hy kan nou nie in my vasry nie. Toe ek weer sien, toe vlieg hy deur die lug en land op sy gesig voor my kar!”

Me. Susan du Plessis, ‘n familielid van mnr. O’Riley, moes die hartseer nuus aan mnr. O’Riley se verloofde van 15 jaar, me. Miranda Nel, gaan oordra.

Mnr. O Riley is beskryf as ‘n persoon wat altyd grappies gemaak het en ‘n goeie oupa “vir al die kinders in die dorp en sy eie kleinkinders”

Hy word oorleef deur me. Nel, sy ouers, broers en susters, sewe kinders en kleinkinders.

• Persone wat enige navrae het, kan me. Du Plessis bel by 072 229 3428.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button