Opvolg: Klein betoging vinnig doodgedruk
Die klein groepie betogers wat Dinsdag voor die munisipale magasyn saamgedrom en bande voor die ingang gebrand het, het glo in oproer gekom omdat die munisipaliteit nie vir hul winkelspasie vir hul besighede wil voorsien nie.
’n Splintergroep het weer by polisie en verkeerspersoneel daarop aangedring dat indien daar nie vir hulle winkelspasie gegee word nie, werk vir hulle by Optimum Myn gereël moet word deur die munisipaliteit.
Die groepie oproeriges het munisipale personeel verhoed om by die magasyn in te gaan.
Eers na onderhandelinge met die polisie en verkeer is munisipale werkers omstreeks 08:30 toegelaat om die magasyn te betree.
Die verkeersdepartement het voor sonop reeds die pad by die Proteastraat ingang na Mhluzi vir motoriste se veiligheid gesluit.
Betogers met stokke en klippe het voordat die pad gesluit is op motors toegesak. Swaar gewapende openbare onruspolisie het die betogers en munisipale werkers uitmekaar gehou.
Lees ook: Police on high alert as protesters block entrance to Mhluzi
Update: Road cleared for now, protest set to continue
Die groep is herinner dat die munisipaliteit besig is met die ontwikkeling van ’n kleinbesigheidskern waar bestaans entrepreneurs in die nabye toekoms in aanmerking kan kom vir persele.
Die betogers is ook aangeraai om Optimum bestuur te nader en die regte werksaansoekprosedures te volg vir betrekkinge by die myn.
