Die Curriebeker gaan wel museum toe!

Ja, die Curriebeker gaan wel museum toe!

Maar moenie worry nie, hy gaan nie permanent daar bly nie.

Wie sien buitendien kans om die goue beker uit Puma afrigter, Jimmy Stonehouse, se twee boomstomparms te ruk?

Vandat die Pumas vir Griekwas geklop het om die Curriebeker te wen, het die beker nie ’n oomblik se rus gehad nie.

Die Curriebeker is die oudste rugby kompetisie in die wêreld, met die eerste wedstryde wat reeds in 1889 gespeel is, maar sedert 1892 amptelik bekend is as die Curriebeker kompetisie.

Daar is nie ’n plek, organisasie, skool, klub, kroeg, waar die beker nog nie gekuier het nie.

Nou is hy op pad na Middelburg, waar hy onder andere die Museum vir die Druk- en Gemeenskapspers gaan besoek in die OH Frewin Drukkery.

Die beker is Woensdag en Donderdag op die dorp en gaan by verskeie skole aandoen, met ’n geselligheid die aand by Event City, waar die publiek kan meedoen aan die aktiwiteite teen R50 per persoon.

•Blou Bulle afrigter, Gert Smal, het nadat die Bulle teen Griekwas verloor het om uit die Curriebeker geboender te word, gesê die beker hoort in ’n museum.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button