Elke stukkie pienk het ’n Swart randjie
Pumas pak Griekwas met Nel terug op heelagter.
Die heelagter Jaycee Nel, is terug in die Puma span vir more se belangrike kragmeting teen Griekwas in die Mbombela Stadion.
Nel vervang Tino Swanepoel wat na die plaasvervangerbank toe skuif.
Dit is ’n gevestigde span wat hulle teen die Curriebeker liga voorlopers sal laat geld.
Die Vrystaat Cheetahs, Pumas en Griekwas, is in ’n verbete stryd om bo aan die punteleer te eindig en daarmee tuisveldvoordeel te verseker in die uitspeelwedstryde.
Goeie nuus vir die span in pienk is dat die ervare Clinton Swart herstel het van ’n besering en later opgestuur kan word.
Mens wonder soms waar kry die Pumas al hulle spelers, behalwe natuurlik by die Varsitybeker spanne.
Banie Britz skitter op vleuel vandat hy op Nelspruit aangekom het en die flank Thabo Ndimande was verlede week teen die Stormers XIII ’n openbaring.
Iemand by die Pumas ken sy rugby!
Afskop is om 15:00.
Pumas:
Jaycee Nel, Darren Adonis, Sango Xamalashe (Onder kaptein), Wian van Niekerk, Banie Britz, Nevaldo Fleurs, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht (k), Thabo Ndimande, Ruwald van der Merwe, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Swiegers, Chyle van Zyl, Etienne Janeke. Plaasvervangers: Jan-Hendrik Campher, Zukisa Sali, Junior Banda, Andre Goedhals, De Wet Marais, Ruswill Fredericks, Clinton Swart en Tino Swanepoel.
