Rasseherrie in Limpopo: Man gevonnis wat deur tieners getart is

'n Insident tussen Corrie Pretorius en 'n groep dronk tieners is op video vasgelê en op sosiale media versprei.

Die man wat by ’n wegneemete-eetplek so getart is dat hy die reg in eie hande geneem het, Corrie Pretorius, is vanoggend in die Groblersdal-landdroshof gevonnis.

Pretorius is ’n boete van R12 000 of 12 maande gevangenisstraf opgelê, waarvan beide die helfte opgeskort is vir drie jaar. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Pretorius, wat deur Josef van Eeden van Middelburg verteenwoordig is, het die boete betaal.

Die voorval is op ’n 49-sekonde videogreep vasgelê, landwyd versprei en het tot ’n rasseherrie gelei.

In ’n verklaring wat vroeër deur die Groblersdal-landdroshof aanvaar is, het ’n ooggetuie vertel hoe ’n tienerseun Pretorius aanhoudend getart het, voor die onderonsie op video vasgevang is.

’n Groep dronk tieners het kos uit sy kosbakkie gevat, hom gekoggel, gevloek, uitgelag, gepoog om sy vuurwapen te gryp en opmerkings teenoor sy ma en pa gemaak.

Die voorval het omstreeks 19:15 op 15 Junie 2022 in Fat Cake City plaasgevind, waar Pretorius kos bestel het.

• Die klag teen Pretorius was aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die klag van rig van ’n vuurwapen is laat vaar.

• Van Eeden het gesê hy is tevrede met die vonnis en dat geregtigheid op die einde van die dag geseëvier het.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button