3 meisies in Noordwes verkrag: Saak teen man uitgestel

'n Man wat volgens die polisie onwettig in die land is, word van die verkragting van drie 12-jarige meisies beskuldig.

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Noordwes het ‘n 34-jarige Zimbabwiër aangekeer wat glo ‘n reeksverkragter is.

Kolonel Adéle Myburgh, die provinsiale polisiewoordvoerder, sê die verdagte is Dinsdag by sy woonplek in Ikageng-uitbreiding in Klipgat, naby Brits, in hegtenis geneem nadat hy met die verkragting van drie jong meisies, van 12 jaar oud, verbind is.

“Die polisie het die beskuldigde aangekeer nadat een van die slagoffers se ma haar dogter Sondagaand by die man se blyplek gekry het. Die 12-jarige het later vir haar ma gesê dat die beskuldigde haar verkrag het. Die ma het die saak dadelik by die polisie aangemeld. Daar word verder beweer dat hierdie gedrag sedert Januarie aan die gang is.”

Die slagoffer was deel van ‘n groep meisies wat na bewering na die beskuldigde se huis gelok is waar hy hulle glo geld sou betaal om hulle te verkrag. Die voorvalle is nooit aangemeld nie.

“Die moontlikheid om die beskuldigde, wat onwettig in die land is, te koppel aan verskeie sake van dieselfde aard kan nie uitgesluit word nie,” het Myburgh gesê.

Die beskuldigde het gister in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn en sal in aanhouding bly tot met sy volgende verskyning op 20 Januarie.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button