NWU-rugbyspeler (20) sterf ná hy nekbeserings in rugbywedstryd in Vanderbijlpark opdoen

Die Vaaldriehoek is in rou na die afsterwe van 'n jong rugbyspeler aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus.

Die 20-jarige Vaaldriehoekse rugbyspeler, Vilano Saunders, is vanoggend om 04:00 in die Sebokeng-hospitaal oorlede nadat hy sy nek ernstig beseer het.

Vaalweekblad berig Saunders het geen gevoel van sy nek ondertoe gehad nie. Hy was in traksie ten tyde van sy afsterwe en was geskeduleer om geopereer te word.

Hy het die noodlottige besering Saterdagmiddag in ʼn kragmeting vir NWU Vaal se o.21-rugbyspan opgedoen. Volgens ‘n plasing op die NWU Vaal – Rugby Facebook-blad, het die span teen Springs Rugbyklub in die Valke Presidentsbeker te staan gekom. Die wedstryd het by die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus plaasgevind.

Saunders was ʼn tweedejaarstudent aan dié kampus.

Vaalweekblad het vroeër berig hy is aanvanklik na die Midvaal-hospitaal geneem, waar skanderings die erns en omvang van sy besering bevestig het.

Sy vriendin van die afgelope ses jaar, Caitlin Venter, het ‘n Back-a-buddy veldtog begin en het in ‘n bestek van ure reeds meer as R36 000 ingesamel.

Die doelwit was om R2m vir sy mediese onkoste en rehabilitasie in te samel, aangesien hy nie tot ‘n mediese fonds behoort nie.

Sy ma, Lizelle, het in ‘n Facebook-plasing gesê: “Ek wil net vir almal se baie dankie vir die belangstelling en ondersteuning met Vilano se rugbybesering. My kind is ongelukkig van ons [weggeneem] vanoggend. Ek is bly ek het die voorreg gehad dat hy vir my ‘mamma’ kon sê, dat hy vir my geleen was. Hy was die mooiste kind met die mooiste hart 💔😭❤️Ek is lief vir jou my Viellies.”


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button