Local newsNewsNews

Nekbesering eis rugbyspeler se lewe

Vaaldriehoek ween na Vilano se dood

VANDERBIJLPARK – Die 20-jarige Vaaldriehoekse rugbyspeler, Vilano Saunders, is vanoggend om 04:00 in die Sebokeng hospitaal oorlede nadat hy sy nek ernstig beseer het.

Vilano het geen gevoel van sy nek ondertoe gehad nie. Hy was in traksie ten tyde van sy afsterwe en was geskeduleer om geopereer te word.

Hy het die noodlottige besering Saterdagmiddag in ʼn kragmeting vir NWU Vaal se o21-rugbyspan opgedoen. Hy was ʼn tweedejaarsstudent aan die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button