NWU Vaal rugbyspeler moontlik verlam
Benodig finansiele bystand vir mediese onkostes
VANDERBIJLPARK – Vilano Saunders (20), ‘n kranige rugbyspeler van die Noordwes-Universiteit se Vanderbijlpark-kampus, het Saterdagmiddag, 3 Mei tydens ’n onder-21-rugbywedstryd ‘n ernstige nekbesering opgedoen.
Vilano, ‘n tweedejaarsstudent, is tans in die Sebokeng hospitaal in traksie en moet dringend geopereer word. Hy kan van sy nek af ondertoe niks voel nie.

Hy is aanvanklik na die Midvaal hospitaal geneem, waar skanderings die erns en omvang van sy besering bevestig het.
Sy vriendin van die afgelope ses jaar, Caitlin Venter, het ‘n Back-a-buddy veldtog begin en het in ‘n bestek van ure reeds meer as R36 000 ingesamel.
Die doelwit is om R2 miljoen vir sy mediese onkostes en rehabilitasie in te samel, aangesien hy nie oor ‘n mediese fonds beskik nie. Kliek op die skakel hiernaas om sy veldtog te ondersteun.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/vilano-saunders-a-journey-to-recovery

