Mbombela-instrukteur eers 10 uur ná ongeluk opgespoor

Angelica Ferreira word tans in die Rob Ferreira Hospitaal se neurologiese eenheid behandel nadat sy vir ure op 'n ongelukstoneel gelê het.

Die omgee van ‘n sekuriteitsbeampte wat na ‘n ongelukstoneel teruggekeer het, het gelei tot die opsporing van ‘n kritiek beseerde vrou wat vir 10 ure ná ‘n motorongeluk met ernstige beserings in die veld gelê het.

Laevelder berig dat Angelica Ferreira, ‘n 26-jarige fiksheidsinstrukteur van Mbombela, het ernstige hoofbeserings opgedoen en is tans in ‘n koma in Rob Ferreira Hospitaal.

Polisie kry niemand op die toneel, vermoed bestuurder het weggeloop

Ferreira was in die vroeë oggendure van 6 Julie, kort nadat sy ‘n kollega ná ‘n kuier by Innibos afgelaai het, op die KaMagugu-pad in ‘n ernstige ongeluk betrokke.

Met die polisie en sekuriteit se aankoms by die ongelukstoneel, kon hulle niemand opspoor nie en het vermoed die bestuurder het dalk weggeloop.

Daar is glo rondom die motor gesoek maar toe niemand gevind is nie, het almal vertrek en hulle het opdrag gegee om die voertuig weg te sleep.

Vrou eers volgende dag in kritieke toestand gekry

‘n Sekuriteitsbeampte het die volgende oggend teruggekeer en die ernstig beseerde Ferreira in die veld ontdek.

Hoe die ongeluk gebeur het, is steeds onduidelik omdat sy alleen in die motor was.

Volgens Ferreira se ma, Antoinette Massyn, het sy erge hoofbeserings opgedoen en is aanvanklik in die hospitaal se hoësorgeenheid behandel.

Familie probeer geld insamel vir vrou se rehabilitasie

As gevolg van die erns van haar beserings is sy na die neurologiese eenheid oorgeplaas.

Massyn sê Ferreira het hoogs waarskynlik ernstige breinskade opgedoen en moet nou vir intensiewe rehabilitasie na die M-Care-hospitaal oorgeplaas word.

Omdat sy nie ʼn mediese fonds het nie, het haar gesin ‘n befondsingveldtog van stapel gestuur.

 

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button