Spoedoortreders glimlag ná Vaaldriekhoek-munisipaliteit toegang tot rekords verloor
Spoedkamera-data vanaf 2021 tot 16 Julie is verlore nadat die toerusting verwyder is weens wanbetaling.
Vaaldriehoekse spoedoortreders gaan breed glimlag nadat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) se spoed verkeerstoerusting en data weens wanbetaling deur ‘n verskaffer teruggevat is.
ELM se onvermoë om sy finansiële pligte na te kom kring al weier uit.
Verlede week is ELM se kliëntedienssentrum in Vanderbilpark se deure deur die verhuurder gesluit weens agterstallige huur wat glo miljoene beloop.
ELM het Eskom teen Augustus 2024 sowat R8 biljoen geskuld en daar is tans sprake dat ELM onder algehele administrasie geplaas kan word.
Die spoedkameras en kameras wat motorongelukke opneem, is in Evaton, Sebokeng, Vaaloewer, Vanderbijlpark en Vereeniging verwyder. Die data wat daarmee gepaardgaan is ook deur die diensverskaffer gevat.
Dit beteken in ‘n neutedop dat ELM en sy verkeersafdeling geen inligting oor uitstaande boetes vanaf 2021 tot 16 Julie vanjaar het nie.
Read original story on www.citizen.co.za