80-jarige in hegtenis ná lyk op plaas in Vrystaat gevind is
’n Bejaarde man staar klagte van moord en regsverydeling in die gesig ná die ontdekking van ’n liggaam op ’n Vrystaatse plaas.
‘n Bejaarde man van 80 staar klagte van moord en regsverydeling in die gesig nadat hy deur die polisie in hegtenis geneem is in verband met die liggaam van ‘n onbekende jong man wat op 20 Augustus op ‘n Vrystaatse plaas gekry is.
Parys Gazette berig dat weens die gevorderde toestand van ontbinding van die liggaam, moes DNS-monsters geneem word om die identiteit van die oorledene te bevestig, het Brigadier Motantsi Makhele, gesê.
Die oorskot van die liggaam is gekry nadat die polisie ’n leidraad van die gemeenskap opgevolg het.
Dié leidraad het ’n taakspan van Bloemfontein na die plaas langs die Kroonstad/Welkom-pad gelei, waar die oorskot gevind is.
Daar word beweer dat die oorledene op die plaas begrawe is.
Makhele het gesê die polisie beskou die saak as baie ernstig en ‘n beroep is op die gemeenskap gedoen om die polisie toe te laat om hulle ondersoek af te handel, en vir die gereg om sy gang te gaan.
Die man sou vanoggend voor die hof verskyn het, en die moontlikheid van nog arrestasies wat verband hou met die saak is nie uitgesluit nie, het die polisie bevestig.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za