Vrou in hof verwag ná jong pa van eMalahleni se dood

'n Vrou sal na verwagting môre in die Witbank-landdroshof verskyn in verband met die moord op Willie Visser.

Die polisie in eMalahleni het die inhegtenisname van ’n 29-jarige vrou bevestig in verband met die moord op Willie Visser, wie se liggaam in Seekoeiwater gevind is.

Volgens Witbank Nuus is die vrou reeds op Oukersdag in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting môre in die Witbank-landdroshof verskyn.

Visser is op 16 Desember as vermis aangemeld nadat sy skoonma, Ina Vice, hom by ’n vriend se huis in Reynorif afgelaai het.

’n Verbyganger het later die dag op sy liggaam afgekom.

‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Visser elders vermoor en sy liggaam op die toneel gestort is.

“Die oorledene is vermoedelik met ’n stomp voorwerp aangeval,” het plaaslike polisiewoordvoerder Kaptein Eddie Hall gesê.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button