Amanda Strydom positief ná val tydens Innibos

'n Bekende Afrikaanse aktrise bevind haarself in 'n Johannesburgse hospitaal nadat sy haar heup in Mbombela beseer het.

Die geliefde sangeres en aktrise, Amanda Strydom, bly positief nadat sy by ’n gastehuis in Mbombela geval en ’n ernstige heupbesering opgedoen het.

Volgens Laevelder ontvang sy tans behandeling in ’n hospitaal in Johannesburg.

Strydom moes ongelukkig haar boekgesprek met Coenie de Villiers en Jak de Priester tydens die Toyota Innibos-fees misloop, asook haar produksie by die Vryfees uitstel.

Sy het haar aanhangers op Facebook gerusgestel dat sy goeie behandeling ontvang en al die beterskapwense opreg waardeer.

“Na afloop van ’n wonderlike Innibos-fees het die noodlot my onkant betrap. Ek het gestruikel en sleg geval. Ek en die wonderlike mense om my het dit stil gehou, want ons het nie geweet wat die skade is nie. Ek het my heup beseer en bevind my in die hospitaal waar hulle mooi na my kyk. Ek wens ek kan met elke vriend en die talle mense wat omgee, kommunikeer, maar dit is nie moontlik nie. Wees verseker dat ek julle goeie wense aanvoel en opreg waardeer. Wanneer ek kan, gesels ek weer. The show must and will go on! Lief vir julle,” het sy gesê.

Haar vertoning, Tilly/Mathilda, ’n kabaret saam met die bekende Binnelanders-aktrise Je-Ani Swiegelaar, het groot gehore gelok. Die produksie is deur baie feesgangers as een van Strydom se bestes tot op hede beskryf.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button