Vermiste boer van Rysmierbult se liggaam gevind 

’n Bejaarde man van Noordwes is vanoggend opgespoor ná die polisie en gemeenskap ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur het.

Die soektog na die 74-jarige Ernst Steynberg, ’n boer van Rysmierbult in Noordwes wat sedert Sondag (26 Julie) vermis was, het vanoggend (28 Julie) tragies geëindig nadat sy liggaam gevind is. 

Die familie se predikant, ds. Thinus Roux, het sy dood aan Potchefstroom Herald bevestig. 

Steynberg het Sondagmiddag spoorloos van sy plaas, Rietvallei, verdwyn, waarna ’n grootskaalse soektog van stapel gestuur is. 

Boere en hul werkers, Working on Fire-spanne, die polisie se honde-eenheid en talle gemeenskapslede het die afgelope twee dae onverpoos na hom gesoek. 

Volgens sy vrou, Alise, is Ernst omstreeks 16:15 Sondagmiddag vir die laaste keer in die kombuis gesien waar hy gereed gemaak het om na ‘n lughawe toe te ry. 

“Ek het hom teen 16:30 begin soek, maar hy was nêrens te vind nie. Hy het nie gery nie; al sy voertuie en sleutels was nog daar, al sy besittings. Hy het geen identifikasie by hom gehad nie,” het sy vroeër gesê. 

Steynberg was ten tyde van sy verdwyning in ’n swart sweetpakbroek en ‘n donkergrys top geklee. 

Die familie het hulle opregte dank uitgespreek teenoor almal wat by die soektog betrokke was, asook die gemeenskap vir hulle gebede, ondersteuning en hulp gedurende dié moeilike tyd. 

In dié stadium is die omstandighede rondom sy dood nog onbekend. 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button