Local newsNewsNews

Liggaam van vermiste boer gevind

Ernst Steynberg het Sondagmiddag spoorloos van sy plaas, Rietvallei naby Rysmierbult, verdwyn.

Die liggaam van die 74-jarige Ernst Steynberg, wat sedert Sondag, 26 Julie vermis was, is Dinsdagoggend gevind.

Ds. Tinus Roux, die familie se predikant, het aan die Potchefstroom Herald bevestig dat Ernst se liggaam gevind is.

Op hierdie stadium is daar nog geen verdere besonderhede oor die omstandighede rondom die voorval en waar Ernst se liggaam opgespoor is nie.

Steynberg het Sondagmiddag spoorloos van sy plaas, Rietvallei naby Rysmierbult, verdwyn, waarna ‘n grootskaalse soektog van stapel gestuur is. Boere en hul werkers, Working on Fire-spanne, die polisie se honde-eenheid en talle gemeenskapslede het Maandag en Dinsdag onverpoos na hom gesoek.

Die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor almal wat by die soektog betrokke was, asook die gemeenskap wat hulle met gebede, ondersteuning en hulp bygestaan het gedurende die moeilike tyd.

Die Herald betuig sy innige meegevoel aan Ernst se familie en geliefdes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button