Local newsNewsNews

Liggaam van vermiste boer gevind

Ernst Steynberg het Sondagmiddag spoorloos van sy plaas, Rietvallei naby Rysmierbult, verdwyn.

Die liggaam van die 74-jarige Ernst Steynberg, wat sedert Sondag, 26 Julie vermis was, is Dinsdagoggend gevind.

Ds. Tinus Roux, die familie se predikant, het aan die Potchefstroom Herald bevestig dat Ernst se liggaam gevind is.

In hierdie stadium is daar nog geen verdere besonderhede oor die omstandighede rondom die voorval bekend gemaak nie.

Steynberg het Sondagmiddag spoorloos van sy plaas, Rietvallei naby Rysmierbult, verdwyn, waarna ‘n grootskaalse soektog van stapel gestuur is. Boere en hul werkers, Working on Fire-spanne, die polisie se honde-eenheid en talle gemeenskapslede het Maandag en Dinsdag onverpoos na hom gesoek.

Die familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor almal wat by die soektog betrokke was, asook die gemeenskap wat hulle met gebede, ondersteuning en hulp bygestaan het gedurende die moeilike tyd.

Die Herald betuig sy innige meegevoel aan Ernst se familie en geliefdes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button