Hoërskoolseun sterf in motorfietsongeluk buite Potchefstroom

Die Hoër Volkskool-gemeenskap staan verslae ná 'n botsing op die Viljoenskroon-pad die lewe van 'n jong leerder geëis het.

Die Volkie-gemeenskap is in rou gedompel nadat Hugo Nolte, ’n Graad 11-leerder van Hoër Volkskool Potchefstroom, gisteraand (16 Oktober) in ’n tragiese motorfietsongeluk buite Potchefstroom dood is.

Die ongeluk het gisteraand op die Viljoenskroon-pad, sowat 3 km buite Potchefstroom, tussen ’n bakkie en ’n motorfiets plaasgevind, berig die Potchefstroom Herald.

ER24 en Mooirivier Beskerming se mediese personeel is na die toneel ontbied. Volgens inligting is een persoon lig beseer, terwyl Nolte op die toneel aan sy beserings beswyk het.

Die nuus van sy skielike dood het groot hartseer by Hoër Volkskool en onder diegene wat hom geken en liefgehad het, gelaat.

Die plasing op Hoër Volkskool se Facebookblad.

Die skool het sy medelye met Nolte se familie, vriende en almal wat deur sy dood geraak is, uitgespreek.

“Met groot hartseer en skok deel ons mee dat Hugo Nolte, een van ons Graad 11-leerders, gisteraand tragies in ’n motorfietsongeluk oorlede is,” lui die skool se boodskap.

“Ons innige meegevoel gaan uit na die Nolte-familie, Hugo se vriende en almal wat hom geken en liefgehad het. Mag julle troos, krag en vrede vind in die dae wat voorlê.

“Ons dra julle op in ons gebede.”

Die skool het hul boodskap afgesluit met die woorde uit Psalm 34:19: “Die Here is naby die gebrokenes van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.”

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button