Network Sport

Rugbyspeler van HTS Sasolburg sterf tydens wedstryd

'n Jong seun is oorlede nadat hy tydens die o.15-kragmeting tussen HTS Sasolburg en Hoërskool Sasolburg op die DP de Villiers-stadion inmekaargesak het.

Sasolburg is in rou gedompel nadat ‘n leerling van die HTS Sasolburg vanmiddag weens asma-verwante komplikasies gesterf het.

Volgens Vaalweekblad het die o.15-speler glo tydens die wedstryd gekla van asemnood en inmekaargesak. Paramedici het geveg om sy lewe en hy is na die hospitaal per ambulans vervoer waar hy dood verklaar is.

Die wedstryd was op die DP de Villiers-stadion gespeel en verdere wedstryde was vir vandag geskeduleer.

Die koerant berig egter dat die res van die jaarlikse FNB Classic Clash-kragmetings tussen HTS Sasolburg en Hoërskool Sasolburg, gekanselleer is.

Volgens Stefan Geldenhuys, die waarnemende skoolhoof van die HTS Sasolburg, sal die twee skole ‘n gesamentlike persverklaring uitreik.

Hy het wel die tragiese afsterwe van die leerling bevestig en sy medelye aan die ouers, leerlinge, onderwysers, afrigters en gemeenskap oorgedra.

*Die berig is aangepas nadat dit gepubliseer is, om die seun se identiteit by te voeg.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za

Related Articles

Back to top button