Local newsNews

Rugbyspeler van HTS Sasolburg sterf by Classic Clash

Asma-verwante komplikasies glo oorsaak van dood.

SASOLBURG – Sasolburg is in rou gedompel nadat ‘n leerling van die HTS Sasolburg vanmiddag weens asma-verwante komplikasies gesterf het.

Die o15-speler het glo tydens die wedstryd gekla van asemnood en het inmekaar gesak. Paramedici het geveg om sy lewe en hy is na die hospitaal per ambulans vervoer waar hy dood verklaar is.

Die jaarlikse FNB Classic Clash tussen HTS Sasolburg en HS Sasolburg is gekanselleer. Volgens Stefan Geldenhuys, waarnemende skoolhoof van die HTS Sasolburg, sal die twee skole ‘n gesamentlike persverklaring uitreik.

Hy het wel die tragiese afsterwe van die leerling bevestig en sy medelye aan die ouers, leerlinge, onderwysers, afrigters en gemeenskap oorgedra.

  • Die skool het in ‘n Facebook-plasing die seuns geidentifiseer as Nhlakanipho Buthelezi. *Die berig is aangepas nadat dit gepubliseer is in die seun se identiteit by te voeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button