6-jarige beseer ná ponie-aanval by troeteltuin in Muldersdrift

’n Ponie by ’n troeteltuin in Muldersdrift het vir Christi-Lee van Aswegen gebyt en ernstig aan haar gesig beseer.

Nadat die sesjarige Christi-Lee van Aswegen op Sondag ’n troeteltuin in Muldersdrift besoek het, het die ondenkbare gebeur toe ’n dier haar aangeval het.

Krugersdorp News berig dat, volgens haar ma, Daleen, was Christi-Lee besig om ’n ponie te voer toe dit haar skielik aangeval het.

“Die ponie het haar gebyt en ’n stuk vel van haar wang afgeruk,” het Van Aswegen gesê.

Sy verduidelik dat die hospitaalkoste, wat operasies, rekonstruktiewe en plastiese chirurgie insluit, na raming minstens R1m beloop om Christi-Lee te help herstel.

Christi-Lee van Aswegen in die hospitaal. Foto: Verskaf

Van Aswegen voeg by dat die gesin nie tot ’n mediese fonds behoort nie, en Christi-Lee is na ’n privaathospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Die gesin doen nou ’n beroep vir hulp om die mediese uitgawes te dek. Indien jy ’n donasie wil maak vir Christi-Lee se herstel, kontak gerus vir Daleen by 063 296 5729, of besoek die BackaBuddy-blad deur hier te kliek.

*Die artikel is aangepas vandat dit aanvanklik gepubliseer is nadat daar bevestig is dat ‘n ponie en nie ‘n perd, vir Christi-Lee gebyt het.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button