Baba verkrag en vermoor: Pa pleit skuldig in Pretoria-hof

Die pa van ‘n baba wat skaars ‘n week oud was, het in die hof erken dat hy haar verkrag en vir haar dood verantwoordelik was.

Inwoners van Welverdiend in Gauteng was geskok nadat ‘n agt-dae-oue babadogtertjie verkrag en in die Carletonville Hospitaal aan haar beserings beswyk het op 9 Junie 2023.

Haar pa, Hugo Ferreira (37) het Vrydag in die Hooggeregshof in Pretoria voor Regter Portia Dipuo Phahlane op aanklagte van moord en verkragting verskyn.

Hy het skuldig gepleit op beide klagtes en die saak is tot later dié maand uitgestel sodat ‘n voor-vonnis verslag opgestel kan word.

Ferreira is borg geweier en was sedert sy inhegtenisname in Junie 2023 in aanhouding.

 

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ally Cooper

Passionate storyteller with over 30 years’ experience as a journalist, editor, proofreader, content creator, social media manager and public relations and media liaison specialist.
Back to top button