Chubby Chick-skietvoorval: Potchefstroom-hof stel saak uit
Die uitslag oor Robert Joubert, wat van twee broers se moord aangekla word, se geestesvermoë sal bepaal of hy geskik is om verhoor te word of nie.
Die dubbele moord saak teen die Robert Joubert (73) wat teregstaan op hierdie aanklagte is weer in die Streekhof in Potchefstroom in die Wes-Kaap vandag uitgestel. Hierdie keer om ruimte te maak vir ’n formele aansoek rakende sy geestesvermoë.
Potchefstroom Herald berig dat Joubert vandag in die streekhof verskyn het waar die hof bevestig het dat die verrigtinge tot 11 Mei uitgestel word. Die uitstel is om die verdediging in staat te stel om ’n aansoek ingevolge Artikels 77 en 78 van die Suid-Afrikaanse Strafproseswet te bring.
Dié artikels reguleer die geestestoestand van ’n beskuldigde en bepaal of hy geskik is om verhoor te word, asook of hy ten tye van die beweerde misdryf strafregtelik aanspreeklik gehou kan word.
Volgens woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes, Sive Gunya, bly Joubert intussen in aanhouding.
Die saak spruit uit die noodlottige skietvoorval op 10 November 2025 by die Fourie-broers se onderneming, Chubby Chick, in Potchindustria, Potchefstroom. Jonathan Fourie is op die toneel dood, terwyl sy broer Deon Fourie later in ’n Gautengse hospitaal aan sy beserings beswyk het.
Die voorval het verlede jaar groot opspraak in die gemeenskap veroorsaak, met vroeë aanduidings dat die beweerde motief moontlik verband hou met ’n eiendomstransaksie.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za