Foto’s: Mense sak toe op kruideniersware ná N4-ongeluk

'n Vragmotor het vanoggend op die N4 naby Middelburg omgeslaan, waarna mense onder meer waspoeier opgetel het.

Ná ‘n ongeluk vroeër vandag op die N4 naby die Middelburg-tolhek, het mense op die wrakstukke toegesak.

‘n Man is ernstig in die ongeluk beseer, wat omstreeks 10:00 op pad na die Olifantsrivierbrug plaasgevind het.

‘n Trok het omgeslaan en die vrag het in die middelman en half oor die regterbaan gestrooi gelê.

Alhoewel die pad in Middelburg se rigting oop was, is verkeer belemmer omdat mense stilgehou het om die vrag, wat meestal bokse vol waspoeier was, vermoedelik te steel.

Motoriste was gewaarsku om hul spoed te verminder in die area terwyl die toneel opgeruim was.

  • Foto’s is geneem deur Francois du Plessis en beskikbaar gestel vir publikasie

Middelburg Observer berig dit is die soveelste trokongeluk die afgelope week in die omgewing.

Verlede Dinsdag is twee kinders en ‘n vrou dood in ‘n ongeluk tussen ‘n trok, twee bakkies en ‘n taxi. Veertien mense het beserings opgedoen.

Later dieselfde dag het twee mans wonderbaarlik die dood vrygespring op die ou Witbankpad toe hul voertuig ‘n trok getref het.

Donderdag het ‘n trok net ‘n entjie daarvandaan ook omgeslaan en is die trokdrywer en sy passasier hospitaal toe geneem met ernstige beserings.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button