Man in hof ná dubbele moord op plaas buite Parys

Mpho Tsimane is in hegtenis ná twee mans op 'n plaas buite Parys doodgeskiet is ná ’n rooftog wat glo skeefgeloop het.

Deeglike speurwerk van die polisie het die week daartoe gelei dat die 34-jarige Mpho Tsimane voor die hof gebring kon word in verband met die dubbele moord van twee mans op ‘n plaas in die Parys-distrik.

Parys Gazette berig die liggame van die mans, onderskeidelik 27 en 34 jaar oud, is Saterdag met skietwonde aan die bolyf gekry.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die drietal betrokke was by n besigheidsroof in Tumahole, en dat ’n dispuut tot die noodlottige skietery gelei het, het polisiewoordvoerder Sersant Josephine Rani gesê.

Rani noem dat danksy speurwerk kon die polisie een verdagte identifiseer en in hegtenis neem. Ondersoeke duur voort, en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie, het Rani bygevoeg.

Die saak sal weer op Woensdag in die hof wees vir Tsimane se formele borgaansoek.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button