Local newsNews

Dubbele moord: Vasgetrek na knap speurwerk

Die polisie-ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie, het die polisie gesê.

Deeglike speurwerk van die polisie het die week daartoe gelei dat die 34-jarige Mpho Tsimane voor die hof gebring kon word vir die dubbele moord van twee mans op ‘n plaas in die Parys-distrik.

Die liggame van die mans, onderskeidelik 27 en 34 jaar oud,  is Saterdag met skietwonde aan die bolyf gekry.

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die drietal betrokke was by n besigheidsroof in Tumahole, en dat ’n dispuut tot die noodlottige skietery gelei het, het polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani gesê.

Rani sê danksy speurwerk kon die polisie een verdagte identifiseer en in hegtenis neem. Ondersoeke duur voort, en verdere inhegtenisnemings word nie uitgesluit nie, het Rani bygevoeg.

Die saak sal weer op 18 Junie in die hof wees vir Tsimane se formele borgaansoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button