Meer as 27 000 kinders verwaarloos in SA

Volwassenes moet ingryp wanneer hulle van kindermishandeling bewus word.

Data van die Nasionale Kinderbeskermingsregister skets ’n ontstellende prentjie van die werklikhede waarmee Suid-Afrikaanse kinders daagliks worstel.

Die Parys Gazette berig dat daar gedurende die 2025/26-boekjaar ’n totaal van 27 115 gevalle van kindermishandeling en verwaarlosing aangemeld is.

Die syfers is tydens die Nasionale Kinderbeskermingsweek, wat tussen 29 Mei en 5 Junie plaasgevind het, bekendgemaak.

Volgens die departement van maatskaplike ontwikkeling is daar 10 522 gevalle van opsetlike verwaarlosing aangeteken, gevolg deur 9 274 gevalle van seksuele mishandeling.

Die departement sê die syfers beklemtoon die dringende behoefte om kinderbeskermingstelsels en gemeenskapswaaksaamheid te versterk.

Suzette Oosthuizen, hoof van sentrums en nasionale strukture by Solidariteit Helpende Hand, sê dat die statistieke ’n kind verteenwoordig wie se veiligheid, waardigheid en toekoms bedreig word.

“Die beskerming van kinders is nie ’n eenmalige veldtog nie – dit is ’n 365-dae-verantwoordelikheid wat deur gesinne, gemeenskappe, skole, geloofsorganisasies en die regering gedeel word.

Volwassenes moet ingryp wanneer ’n kind swaarkry

Oosthuizen sê ook dat wanneer daaroor kinderbeskerming gepraat word, dit nie begin of eindig in ’n hofsaal of die kantoor van ’n maatskaplike werker nie. “Die werklike werk begin lank voordat dat in ’n krisis ontaard. Dit begin by die huis, by skole, kerke en die gemeenskap waar ’n volwassene bereid is om ’n kind se swaarkry raak te sien.”

Luidens die SAPD se kwartaalikse misdaadstatistieke is 285 kinders tussen Oktober en Desember 2023 vermoor, terwyl 2 707 kinders poging tot moord, aanranding of ernstige liggaamlike leed oorleef het.

Hierdie syfers verteenwoordig slegs aangemelde gevalle, terwyl die werklike omvang van geweld teen kinders waarskynlik veel groter is, waarsku UNICEF.


Dit weerspieël ook in Stats SA se syfers wat daarop dui dat kinders 43,1% van Suid-Afrika se armes uitmaak. “Agter elke statistiek is daar ‘n kind met ‘n naam, ‘n storie en ‘n toekoms,” sê Oosthuizen. “Wanneer ons van geweld, armoede of trauma praat, praat ons van kinders wat elke dag probeer funksioneer terwyl hulle onseker, bang of honger is.”


Sy sê trauma by kinders manifesteer nie altyd op ooglopende maniere nie. “Die kind wat stil raak in die klas, die tiener wat agressief optree, of die kleuter wat honger by die skool aankom, vertel dikwels ‘n verhaal wat verder strek as wat ons met die eerste oogopslag sien. Die vraag wat baie van hierdie kinders eintlik vra, is eenvoudig: Is ek veilig?

Oosthuizen beklemtoon dat die grootste beskerming wat ‘n kind kan hê, dikwels ‘n veilige en betrokke volwassene is.

📞 Rapporteer kindermishandeling: Childline 116 | GBVCC 0800 428 428.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button