Middelburg bagasiebakmoord: 3 se hofsaak uitgestel
Die vierde beskuldigde het erken dat hy van die liggaam ontslae geraak het en is reeds tot tronkstaf gevonnis.
Drie van die vier beskuldigdes in die moordsaak waar Danie Maritz in November 2023 vermoor en sy oorskot later saam met ’n voertuig aan die brand gesteek is, het hierdie week vlugtig in die Middelburg Landdroshof verskyn.

Angie Appelgryn is tans uit op borg terwyl Jan Jordaan en Kobus Pretorius steeds in aanhouding is.
Alex Grobler, wat saam met hulle op die saak aangekla is, het onlangs skuldig gepleit op die klagtes teen hom en is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.
Hy het erken dat hy Martiz se oorskot, op versoek van Appelgryn, in haar voertuig se bagasiebak gelaai en dit later aan die brand gesteek het. Hy het aangedui dat hy nie by was toe die moord gepleeg is nie.
Die saak is uitgestel na volgende jaar.
Read original story on www.citizen.co.za