Nóg sluise by Vaaldam vandag toegemaak
Twee van die Vaaldam se heksluise sal vandag gesluit word namate die damvlak steeds daal ná weke van hoë invloei.
Nog twee heksluise sal vandag by die Vaaldam toegemaak word. Die eerste heksluis word om 10:00 toegemaak en nog een om 16:00.
Dit sal dan beteken dat net ses heksluise teen vanmiddag by die Vaaldam sal oop wees, berig Parys Gazette.
Gister is twee heksluise toegemaak nadat die Vaaldam vroeër ‘n totaal van tien heksluise oopgehad het.
Die Vaaldam is nou 114,89% vol met invloei gemeet teen 783 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 1 129 kubieke meter per sekonde.
Die damvlak het reeds aansienlik gesak die afgelope paar dae nadat dit oor die 120% vol was.
By Bloemhofdam sal uitvloei ook vandag stelselmatig verminder word as volg:
10:00 – verminder na 3 000 kubieke meter per sekonde
12:00 – verminder na 2 800 kubieke meter per sekonde
14:00 – verminder na 2 600 kubieke meter per sekonde.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za