NWU-rugbyspeler (20) se dood: Ondersoek glo Vrydag afgehandel

Die Valke Rugbyunie sê die ondersoek na Vilano Saunders se dood ná ‘n noodlottige nekbesering sal glo Vrydag afgehandel wees.

Die Valke Rugbyunie (VRU) se ondersoek rondom die dood van die 20-jarige Vaaldriehoekse rugbyspeler, Vilano Saunders, behoort Vrydag afgehandel te wees.

So sê Ettienne de Lange, die hoof uitvoerende beampte van die VRU. Die familie van Saunders wat op 3 Mei ‘n noodlottige nekbesering in ‘n o.21-wedstryd teen Springs Rugbyklub opgedoen het en op 5 Mei in die Sebokeng-hospitaal oorlede is, het by monde van Hennie Venter hulle misnoeë uitgespreek oor die gebrek aan terugvoering wat hulle van die VRU ontvang het.

Ettienne de Lange. Foto: Verskaf

Saunders, ‘n tweedejaar onderwysstudent aan die Noordwes Universiteit se Vanderbijlpark-kampus, het sy nek in die heel eerste skrum van dié wedstryd gebreek. Hy het op haker gesak – ’n posisie waarvoor hy na bewering min tot geen opleiding gehad het nie.

Die ontslape Vilano se ma Lizelle en sy sussie Ledene vertroos mekaar tydens sy lewensviering by kerslig. Foto: Ettienne van Rensburg

Hy is op die veld gestabiliseer en na die Midvaal Privaat-hospitaal in Vereeniging geneem waar hy skanderings ondergaan het. Hy is later na die Sebokeng-hospitaal oorgeplaas waar hy in traksie geplaas is. Hy het geen gevoel van sy nek ondertoe gehad nie en is as ‘n kwadrupleeg geklassifiseer. Hy is op 5 Mei oorlede in afwagting op ‘n nekoperasie.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button