Oud-Springbok sterf in ongeluk op N4

Hannes Strydom is op die ouderdom van 58 in 'n botsing oorlede.

Die voormalige Springbokslot Hannes Strydom (58) is gisteraand dood in ’n ongeluk op die N4 tussen Kromdraai en Balmoral.

Volgens Solange Soares Nicholson van TRAC het die ongeluk omstreeks 21:56 gebeur.

“’n Bakkie en minibus was in die ongeluk betrokke,” het Soares gesê en verduidelik die ongeluk het die lewe van twee mense geëis, terwyl vier ernstig beseer is.

SA Rugby Magazine berig Strydom (58) was ‘n lid van die Springbokspan wat die wêreldbeker in 1995 in Suid-Afrika gewen het.

Strydom, wie die Pharma Valu-aptekersgroep besit het, is die vyfde lid van dié span wat oorlede is, ná die afsterwe van Ruben Kruger, Joost van der Westhuizen, James Small en Chester Williams.

Strydom het 21 toetse vir die Springbokke gespeel en het ook vir Transvaal uitgedraf – waar hy ‘n formidabele tweedery-kombinasie met Kobus Wiese gevorm het. Hy het ook Noord-Transvaal binnelands verteenwoordig.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button