Hof staan versoek toe om media van Peet Viljoen weg te hou

‘n Saak wat 400 aanklagte bevat is uitgestel nadat die staat sy saak teen ‘n omstrede prokureur uiteengesit het.

Adv. André Steenkamp, die omstrede prokureur Peet Viljoen se regsverteenwoordiger, het vroeër vandag die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria gevra dat die media nie meer toegelaat word om met Peet en sy vrou, Mel, te praat nie.

“Peet is ’n beskuldigde in ’n saak en daarom mag die media slegs met my gesels. As hulle navrae het, sal ek dit beantwoord,” het Steenkamp gesê.

Die hof het Steenkamp se versoek toegestaan.

Viljoen, wat teregstaan op 400 aanklagte van onder meer bedrog, vervalsing van dokumente, diefstal en korrupsie, het vir die derde keer in dié hof verskyn. Hy was wéér in ‘n Hugo Boss-ontwerpersweetpak geklee.

Hy het vroeër die oggend aan Caxton Network News gesê dit gaan onder die omstandighede goed met hom. Hy kon slegs ’n paar woorde sê voordat die polisie hom na die hof begelei het.

Staatsaanklaer Wim van Zyl het gedeeltes uit ’n lywige dossier van 245 bladsye aan die hof voorgelees. Hy het onder meer na Peet en Mel se sosiale media-uitlatings verwys en ook verklarings van beweerde Tammy Taylor-slaggoffers voorgelees.

Steenkamp het tydens die verrigtinge beswaar aangeteken.

“Dit is net ’n borgtogaansoek. Ek weet nie hoekom verwys my geagte kollega (met verwysing na Van Zyl) na vorige sake wat niks met die borgtogaansoek te doen het nie.”

Die hof het Steenkamp se beswaar van die hand gewys en Van Zyl versoek om met sy betoog voort te gaan.

Die saak is tot 23 Julie uitgestel.

Só verloop die dag se gebeure:

13:25

Peet Viljoen staan tereg op 400 aanklagte van bedrog, korrupsie, vervalsing en diefstal. Hy word daarvan beskuldig dat hy munisipale eiendom in 2010 onwettig verkoop het. Sy borgtogaansoek work vandag aangehoor.

12:18

Die staatsaanklaer, Wim van Zyl, het vroeër vandag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskeie van Viljoen se sosiale media-uitlatings voor die hof gelê. Hy het veral daarop gehamer dat Viljoen, volgens die staat, die Suid-Afrikaanse regstelsel verskeie kere as ’n “grap” en “onbeholpe” beskryf het.

Van Zyl het van Viljoen se uitlatings in die hof aangehaal: “Hulle kan netsowel die hele regstelsel verander en dit ’n basketbalpark noem. Dis ’n f***** sirkus.”

Die staat se betoog om borgtog teen te staan, gaan ná middagete voort.

11:14

André Steenkamp, Viljoen se regsverteenwoordiger, is tans besig met ’n borgaansoek in die Pretoria-handelshof. Mel Viljoen is ook in dié hof, geklee in ’n ontwerpersuitrusting. Sy en Peet gesels gereeld tydens die verrigtinge. Die hof het intussen verdaag.

Staatsaanklaer Wim van Zyl sal na verwagting later aanvoer waarom die staat meen borgtog nie aan Peet toegestaan behoort te word nie.

08:40

Plakkate met boodskappe van steun vir die omstrede prokureur het motoriste en voetgangers vroegoggend buite die Pretoria-handelshof begroet.

Lees meer hier: Peet Viljoen in hof: Betogers eis sy vrylating

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Yolanda Lemmer

Yolanda Lemmer has been a journalist for the past 20 years. She enjoys writing about people, culture, the arts, and human-interest stories that portray everyday South African life.
Back to top button